Deense kroon

Die Deense kroon (Deens: dansk krone, Faroëes: donsk króna, Groenlands: danskinut koruuni) is die geldeenheid van die Koninkryk van Denemarke. Die kroon is aan die Europese Unie se wisselkoersmeganisme gekoppel. In die Deense taal is die meervoud van krone, kroner. ’n Kroon bestaan uit 100 øre (øre word beide in die meervoud en enkelvoud so weergegee). Die ISO 4217-kode is DKK; die plaaslike afkorting is “kr.”. Soms word ook DKR of DKr opgemerk, hoewel dit nie amptelik erken word nie. Die geldeenheid staan in Afrikaans bekend as die “Deense kroon” (omrede krone letterlik “kroon” beteken in die Deense taal).


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search